XV.

XV.

Roelf gaan weg,op sake moet hy uit,vier dae deur die veld.Twee ander, van sy vrinde, gaan ook mee,hul gaan te perd;’n jag-tog sal dit wees ter-selfder-tyd.Dae lang word reeds beskuit gebak,die saëlsakke vol gemaak,die streepsak ook wat opdie handperd word gelaai.Roelf is opgewonde:een en al verwagting oor die reis.Net daaroor is die praat aan tafel ook.En as hy Martjie kastig,in die kombuis,kom help met koekbak en beskuiten, meer as ander dae,haar plaag en terg,dan voel sy dat dit netdie bly verwagting is van hulle reiswat hom so buitensporig maak.En op die môre van vertrekas hy, en die ander twee wat same gaan,’n stukkie eers nog eetaan tafel by oom Koot,as hy tot afskeid haar ’n handdruk gee,O, dan het Martjie homnog nooit so mooi gesien,in veldpak, netjies passend aan sy lyf,en bree-rand hoed wat lykof ’t niemands hoof so mooi kan pasas syne.En in sy oë vlam ’n gloedvan hartstog....ag, die hartstog net alleenvir veld en berge....Tant’ Mieta wil, vóor Roelof huistoe kom,sy kamer eers ’n goeie skoonmaak gee.Die werk van bed-opmaaken uitvee elke dagwas altyd maar die werk van Rosie.Martjie het wel af en toeook daar gekom,om Roelf ’n koppie koffie aan te bring,te waarsku dat die ete wag,en so nog meer.Maar nooit was sy alleen daarin, soos nou.Want alhoewel die werk ook nouaan Rosie weer was opgedra—’wyl sy sou toesig hou—so het sy tog ook self ’n voorskoot om;en ongeduldig het sy, na ’n ruk,ou Rosie weggestuur:sy sou wel alles self regeeren Rosie moet vir ounooi maar gaan help.As Rosie ’n rukkie weg is draai sy stildie sleutel in die deur,en sluit sig in.Hoe heerlik om haar daar alleen te voel!Alleen? O nee:sy wese is daar,die kamerlug hang vol daarvan,dit sweef haar teë uit die skaad’weevan die bed,dit fluister uit die lang gordyne-plooieen uit die sonligstraalwat deur die raamdie tafelkleed beskyn.Omstrelend en omtastend sluitsy gees en wese haar van alkant in,bekorend soet soos iets wat syin stilte steel,en tint’lend in haar bloed met so’n gevoelvan saligheid dat sy—met hande op haar bors geklem—bly staan,onmagtig die betoow’ring haar te onttrek;ondeuend-bly geniet sy vanverbode vruguit jong verbeeldings ryke skat:’n gode-drank,’n drome-melodie,in liefdes skoon paleis.Daar staan die varing-plant waar hysy sorg aan gee,sy metgesel,—bevoorreg bowe haar—sy streel die fyne blaartjies met haar hand,begiet die plantjie liefd’ryk uit die kruik,in onbestemd besef van medelymet iets wat sorg en troos ontbeer.En voor die tafel staan sy stoel,daar sit hy elke dag.Sy gaan daar nou op sit en dink daarby:so sit hy op dieselfde plekkie, netwaar ek hou sit!Opbruisend kom ’n blyheid haar oorstelp,haar arme slaan sy kruiselingsom eie lyfen wieg haar heen en weer—’n laggie om haar mond.Besitter voel sy haar van ietswat sy hou-vas,en niemand ooit haar kan ontroof:„Ja, net soos ek so sit hy hier,„sy hoof waar myne is,„sy hals....” ’n purper blos bedek meteenshaar wange,uit die stoelspring sy oorend,verbergend in haar hande haar gelaat,haarselwe hatend....Na ’n rukkie is nou weerdie felle slae in haar bors bedaar.Sy sien ’n boeke-rakkie aan die muur;en neem ’n boek daaruiten slaan die blaaie om,verstrooid en sonder plan,en lees ’n reël hier en daar.Maar wat is dit? Sy lees aandagtig nou:„Ek mag jou nie lief hê en kan jou nie haat nie,„ek mag jou nie hou en ek kan jou nie laat nie.„O, leer my die bittere stryd te volstry.„En, ag, wat daarbinne my hart so deurknaë,„ek wil ’t nie mis nie al kan ek ’t nie draë,„die pyn wat genot is en mart’lend verlei.„Ek kan jou nie haat en mag liefde nie géwe,„so staan dit gemeld in die boek van ons lewe,„O, smart wat verdélend my hart so deursny.„Ek mag jou nie hou nie en kan ook nie skeië,„so wil ’t die sterre se wet van die tyë,„O, sê my, hoe sal ek die stryd ooit volstry.„O, eensaam herhaal ek deur nagte en daë,„vergeefs nog en ewig die swaarste van vraë,„en voed ek, genietend, die pyn wat ek ly.„Ek mag jou nie lief hê en kan jou nie haat nie,„ek mag jou nie hou en ek kan jou nie laat nie„O, leer my die bittere stryd te volstry.[1]Met aandag, meer en meer gewek, het sydie versie tot sy end gelees.Hoe treffend en hoe waarword daar die spieëlbeeld van eie sielhaar voorgehou!Daar lê ’n stukkie potlood op die plank,sy neem dit in haar hand....Sy kan ’t nie laat nie,O, sy sal, sy moet!:sy trek ’n potloodstrepie langs die vers!Sal hy dit sien!O, laat hy ’t sien! Sy is wanhopend al,sy gee nie om nie:Ja, as sy dan nie mag praat nielaat dan sosy oog geopen word;hymoetdit sien, sy wil dit hê;maar, ag,hy dink miskien dat hydit selwe eens het aangemerk....Sy skryf die eerste letters vanhaar naam daarby!Met kloppend hart set sydie boekie op sy plank terug.’t Sou wel kan wees dat hydie boekie nie meer in sal kyk,—wat help dit dan?!Die potlood in haar handjiehet ’n geur,soos alles wat hy raakof syne is.Sy vra haarself of sy alleendie lug gewaar,dan of dit slegs verbeelding is van haar;lavendel-geur is ’t nie, maar wel’n fyn aroma, soet en aangenaam,wat uit die wese straalvan die wat ons bemin.Sy berg die stukkie potlood in haar bors,dis iets van hom,sy sal dit hou vir haar....Héwig skrik sy op,want iemand het die deur se kruk gedraai.Dis Rosie,ou-nooi stuur haar weer, en vrawaar nonnie bly.Haar soete droom is uit,sy gaan,en laat die werk aan Rosies sorg.

Roelf gaan weg,op sake moet hy uit,vier dae deur die veld.Twee ander, van sy vrinde, gaan ook mee,hul gaan te perd;’n jag-tog sal dit wees ter-selfder-tyd.

Roelf gaan weg,

op sake moet hy uit,

vier dae deur die veld.

Twee ander, van sy vrinde, gaan ook mee,

hul gaan te perd;

’n jag-tog sal dit wees ter-selfder-tyd.

Dae lang word reeds beskuit gebak,die saëlsakke vol gemaak,die streepsak ook wat opdie handperd word gelaai.Roelf is opgewonde:een en al verwagting oor die reis.Net daaroor is die praat aan tafel ook.En as hy Martjie kastig,in die kombuis,kom help met koekbak en beskuiten, meer as ander dae,haar plaag en terg,dan voel sy dat dit netdie bly verwagting is van hulle reiswat hom so buitensporig maak.

Dae lang word reeds beskuit gebak,

die saëlsakke vol gemaak,

die streepsak ook wat op

die handperd word gelaai.

Roelf is opgewonde:

een en al verwagting oor die reis.

Net daaroor is die praat aan tafel ook.

En as hy Martjie kastig,

in die kombuis,

kom help met koekbak en beskuit

en, meer as ander dae,

haar plaag en terg,

dan voel sy dat dit net

die bly verwagting is van hulle reis

wat hom so buitensporig maak.

En op die môre van vertrekas hy, en die ander twee wat same gaan,’n stukkie eers nog eetaan tafel by oom Koot,as hy tot afskeid haar ’n handdruk gee,O, dan het Martjie homnog nooit so mooi gesien,in veldpak, netjies passend aan sy lyf,en bree-rand hoed wat lykof ’t niemands hoof so mooi kan pasas syne.En in sy oë vlam ’n gloedvan hartstog....ag, die hartstog net alleenvir veld en berge....

En op die môre van vertrek

as hy, en die ander twee wat same gaan,

’n stukkie eers nog eet

aan tafel by oom Koot,

as hy tot afskeid haar ’n handdruk gee,

O, dan het Martjie hom

nog nooit so mooi gesien,

in veldpak, netjies passend aan sy lyf,

en bree-rand hoed wat lyk

of ’t niemands hoof so mooi kan pas

as syne.

En in sy oë vlam ’n gloed

van hartstog....

ag, die hartstog net alleen

vir veld en berge....

Tant’ Mieta wil, vóor Roelof huistoe kom,sy kamer eers ’n goeie skoonmaak gee.Die werk van bed-opmaaken uitvee elke dagwas altyd maar die werk van Rosie.Martjie het wel af en toeook daar gekom,om Roelf ’n koppie koffie aan te bring,te waarsku dat die ete wag,en so nog meer.Maar nooit was sy alleen daarin, soos nou.Want alhoewel die werk ook nouaan Rosie weer was opgedra—’wyl sy sou toesig hou—so het sy tog ook self ’n voorskoot om;en ongeduldig het sy, na ’n ruk,ou Rosie weggestuur:sy sou wel alles self regeeren Rosie moet vir ounooi maar gaan help.

Tant’ Mieta wil, vóor Roelof huistoe kom,

sy kamer eers ’n goeie skoonmaak gee.

Die werk van bed-opmaak

en uitvee elke dag

was altyd maar die werk van Rosie.

Martjie het wel af en toe

ook daar gekom,

om Roelf ’n koppie koffie aan te bring,

te waarsku dat die ete wag,

en so nog meer.

Maar nooit was sy alleen daarin, soos nou.

Want alhoewel die werk ook nou

aan Rosie weer was opgedra

—’wyl sy sou toesig hou—

so het sy tog ook self ’n voorskoot om;

en ongeduldig het sy, na ’n ruk,

ou Rosie weggestuur:

sy sou wel alles self regeer

en Rosie moet vir ounooi maar gaan help.

As Rosie ’n rukkie weg is draai sy stildie sleutel in die deur,en sluit sig in.Hoe heerlik om haar daar alleen te voel!Alleen? O nee:sy wese is daar,die kamerlug hang vol daarvan,dit sweef haar teë uit die skaad’weevan die bed,dit fluister uit die lang gordyne-plooieen uit die sonligstraalwat deur die raamdie tafelkleed beskyn.Omstrelend en omtastend sluitsy gees en wese haar van alkant in,bekorend soet soos iets wat syin stilte steel,en tint’lend in haar bloed met so’n gevoelvan saligheid dat sy—met hande op haar bors geklem—bly staan,onmagtig die betoow’ring haar te onttrek;ondeuend-bly geniet sy vanverbode vruguit jong verbeeldings ryke skat:’n gode-drank,’n drome-melodie,in liefdes skoon paleis.

As Rosie ’n rukkie weg is draai sy stil

die sleutel in die deur,

en sluit sig in.

Hoe heerlik om haar daar alleen te voel!

Alleen? O nee:

sy wese is daar,

die kamerlug hang vol daarvan,

dit sweef haar teë uit die skaad’wee

van die bed,

dit fluister uit die lang gordyne-plooie

en uit die sonligstraal

wat deur die raam

die tafelkleed beskyn.

Omstrelend en omtastend sluit

sy gees en wese haar van alkant in,

bekorend soet soos iets wat sy

in stilte steel,

en tint’lend in haar bloed met so’n gevoel

van saligheid dat sy

—met hande op haar bors geklem—

bly staan,

onmagtig die betoow’ring haar te onttrek;

ondeuend-bly geniet sy van

verbode vrug

uit jong verbeeldings ryke skat:

’n gode-drank,

’n drome-melodie,

in liefdes skoon paleis.

Daar staan die varing-plant waar hysy sorg aan gee,sy metgesel,—bevoorreg bowe haar—sy streel die fyne blaartjies met haar hand,begiet die plantjie liefd’ryk uit die kruik,in onbestemd besef van medelymet iets wat sorg en troos ontbeer.

Daar staan die varing-plant waar hy

sy sorg aan gee,

sy metgesel,

—bevoorreg bowe haar—

sy streel die fyne blaartjies met haar hand,

begiet die plantjie liefd’ryk uit die kruik,

in onbestemd besef van medely

met iets wat sorg en troos ontbeer.

En voor die tafel staan sy stoel,daar sit hy elke dag.Sy gaan daar nou op sit en dink daarby:so sit hy op dieselfde plekkie, netwaar ek hou sit!Opbruisend kom ’n blyheid haar oorstelp,haar arme slaan sy kruiselingsom eie lyfen wieg haar heen en weer—’n laggie om haar mond.Besitter voel sy haar van ietswat sy hou-vas,en niemand ooit haar kan ontroof:„Ja, net soos ek so sit hy hier,„sy hoof waar myne is,„sy hals....” ’n purper blos bedek meteenshaar wange,uit die stoelspring sy oorend,verbergend in haar hande haar gelaat,haarselwe hatend....

En voor die tafel staan sy stoel,

daar sit hy elke dag.

Sy gaan daar nou op sit en dink daarby:

so sit hy op dieselfde plekkie, net

waar ek hou sit!

Opbruisend kom ’n blyheid haar oorstelp,

haar arme slaan sy kruiselings

om eie lyf

en wieg haar heen en weer—

’n laggie om haar mond.

Besitter voel sy haar van iets

wat sy hou-vas,

en niemand ooit haar kan ontroof:

„Ja, net soos ek so sit hy hier,

„sy hoof waar myne is,

„sy hals....” ’n purper blos bedek meteens

haar wange,

uit die stoel

spring sy oorend,

verbergend in haar hande haar gelaat,

haarselwe hatend....

Na ’n rukkie is nou weerdie felle slae in haar bors bedaar.

Na ’n rukkie is nou weer

die felle slae in haar bors bedaar.

Sy sien ’n boeke-rakkie aan die muur;en neem ’n boek daaruiten slaan die blaaie om,verstrooid en sonder plan,en lees ’n reël hier en daar.Maar wat is dit? Sy lees aandagtig nou:

Sy sien ’n boeke-rakkie aan die muur;

en neem ’n boek daaruit

en slaan die blaaie om,

verstrooid en sonder plan,

en lees ’n reël hier en daar.

Maar wat is dit? Sy lees aandagtig nou:

„Ek mag jou nie lief hê en kan jou nie haat nie,„ek mag jou nie hou en ek kan jou nie laat nie.„O, leer my die bittere stryd te volstry.

„Ek mag jou nie lief hê en kan jou nie haat nie,

„ek mag jou nie hou en ek kan jou nie laat nie.

„O, leer my die bittere stryd te volstry.

„En, ag, wat daarbinne my hart so deurknaë,„ek wil ’t nie mis nie al kan ek ’t nie draë,„die pyn wat genot is en mart’lend verlei.

„En, ag, wat daarbinne my hart so deurknaë,

„ek wil ’t nie mis nie al kan ek ’t nie draë,

„die pyn wat genot is en mart’lend verlei.

„Ek kan jou nie haat en mag liefde nie géwe,„so staan dit gemeld in die boek van ons lewe,„O, smart wat verdélend my hart so deursny.

„Ek kan jou nie haat en mag liefde nie géwe,

„so staan dit gemeld in die boek van ons lewe,

„O, smart wat verdélend my hart so deursny.

„Ek mag jou nie hou nie en kan ook nie skeië,„so wil ’t die sterre se wet van die tyë,„O, sê my, hoe sal ek die stryd ooit volstry.

„Ek mag jou nie hou nie en kan ook nie skeië,

„so wil ’t die sterre se wet van die tyë,

„O, sê my, hoe sal ek die stryd ooit volstry.

„O, eensaam herhaal ek deur nagte en daë,„vergeefs nog en ewig die swaarste van vraë,„en voed ek, genietend, die pyn wat ek ly.

„O, eensaam herhaal ek deur nagte en daë,

„vergeefs nog en ewig die swaarste van vraë,

„en voed ek, genietend, die pyn wat ek ly.

„Ek mag jou nie lief hê en kan jou nie haat nie,„ek mag jou nie hou en ek kan jou nie laat nie„O, leer my die bittere stryd te volstry.[1]

„Ek mag jou nie lief hê en kan jou nie haat nie,

„ek mag jou nie hou en ek kan jou nie laat nie

„O, leer my die bittere stryd te volstry.[1]

Met aandag, meer en meer gewek, het sydie versie tot sy end gelees.Hoe treffend en hoe waarword daar die spieëlbeeld van eie sielhaar voorgehou!

Met aandag, meer en meer gewek, het sy

die versie tot sy end gelees.

Hoe treffend en hoe waar

word daar die spieëlbeeld van eie siel

haar voorgehou!

Daar lê ’n stukkie potlood op die plank,sy neem dit in haar hand....Sy kan ’t nie laat nie,O, sy sal, sy moet!:sy trek ’n potloodstrepie langs die vers!Sal hy dit sien!O, laat hy ’t sien! Sy is wanhopend al,sy gee nie om nie:Ja, as sy dan nie mag praat nielaat dan sosy oog geopen word;hymoetdit sien, sy wil dit hê;maar, ag,hy dink miskien dat hydit selwe eens het aangemerk....Sy skryf die eerste letters vanhaar naam daarby!Met kloppend hart set sydie boekie op sy plank terug.’t Sou wel kan wees dat hydie boekie nie meer in sal kyk,—wat help dit dan?!Die potlood in haar handjiehet ’n geur,soos alles wat hy raakof syne is.Sy vra haarself of sy alleendie lug gewaar,dan of dit slegs verbeelding is van haar;lavendel-geur is ’t nie, maar wel’n fyn aroma, soet en aangenaam,wat uit die wese straalvan die wat ons bemin.Sy berg die stukkie potlood in haar bors,dis iets van hom,sy sal dit hou vir haar....

Daar lê ’n stukkie potlood op die plank,

sy neem dit in haar hand....

Sy kan ’t nie laat nie,

O, sy sal, sy moet!:

sy trek ’n potloodstrepie langs die vers!

Sal hy dit sien!

O, laat hy ’t sien! Sy is wanhopend al,

sy gee nie om nie:

Ja, as sy dan nie mag praat nie

laat dan so

sy oog geopen word;

hymoetdit sien, sy wil dit hê;

maar, ag,

hy dink miskien dat hy

dit selwe eens het aangemerk....

Sy skryf die eerste letters van

haar naam daarby!

Met kloppend hart set sy

die boekie op sy plank terug.

’t Sou wel kan wees dat hy

die boekie nie meer in sal kyk,—

wat help dit dan?!

Die potlood in haar handjie

het ’n geur,

soos alles wat hy raak

of syne is.

Sy vra haarself of sy alleen

die lug gewaar,

dan of dit slegs verbeelding is van haar;

lavendel-geur is ’t nie, maar wel

’n fyn aroma, soet en aangenaam,

wat uit die wese straal

van die wat ons bemin.

Sy berg die stukkie potlood in haar bors,

dis iets van hom,

sy sal dit hou vir haar....

Héwig skrik sy op,want iemand het die deur se kruk gedraai.Dis Rosie,ou-nooi stuur haar weer, en vrawaar nonnie bly.Haar soete droom is uit,sy gaan,en laat die werk aan Rosies sorg.

Héwig skrik sy op,

want iemand het die deur se kruk gedraai.

Dis Rosie,

ou-nooi stuur haar weer, en vra

waar nonnie bly.

Haar soete droom is uit,

sy gaan,

en laat die werk aan Rosies sorg.

[1]Vertaling van ’n gedig van Hamerling.

[1]Vertaling van ’n gedig van Hamerling.

[1]Vertaling van ’n gedig van Hamerling.

Back to IndexNext