OOM PIET LEGRANSIE.
„Ja, neef; drie jaar se droogte, drie jaar se sprinkane, drie jaar se misoeste en daardie borgstaan vir Freek Willemse het vir my gerinneweer.”
Oom Piet Legransie was eers ’n welgestelde boer gewees en seker een van die mees gasvrye in Westelike Transvaal. Meer as een genoeglike aand het ek by oom Piet deurgebring as ek moeg was van ’n hele dag se inspeksie en die lus my ontbreek het om nog dieselfde dag verder te ry. Ek wis dat ek altyd welkom was op Welgevonde. Hierdie goeie oom en sy vrou het die slag verstaan om iemand by hulle tuis te laat voel. Daar was niks van die onnodige rondvallery en ekskuusmakery wat ’n mens net laat voel dat jy tot oorlas is nie. Jy was vry om te doen wat jy wil, en die oubaas het die kuns meesterlik verstaan om die onderwerp van die gesprek so te kies dat almal kon saampraat en sy gas nie nodig het om alleen die diskussie aan die gang te hou nie.
Verlede jaar het ek nog op Welgevonde vernag, en nou, elf maande later, ontmoet ek vir oom Piet toevallig op Kreepoort, een van die jongs-geproklameerde delwerye.
„Maar hoekom het Oom dan nie vir my van Oom se moeilikhede vertel toe ek laas by Oom was nie? Ons is mos tog ou vriende, en moontlik kon ons saam ’n plan gemaak het. Of miskien kon ek vir Oom met geld gehelp het!”
„My goeie neef, wat sou dit gebaat het? En waarom sou ek jou ook in die ongeluk saamgesleep het? Nee, neef, Piet Legransie het darem nog ’n bietjie selfrespek oorgehou.”
Om die gesprek ’n ander wending te gee vra ek nou: „En betaal die delwery-besigheid nogal?”
„Betaal? vra jy, neef. My liewe vriend, jy is tog al lank genoeg in Smartendal om te weet hoe dit met die meeste delwers gesteld is. Kyk, neef, ek sou nooit my toevlug hiernatoe geneem het nie, as ek kans gesien het om op ’n ander manier my kos te verdien nie; maar ek is nie meer jonk nie en het nie kans gesien om êrens anders ’n heenkome te soek nie. Dit gaanhelhier, neef;hel, sê ek.”
Dit was snaaks om hierdie woord uit oom Pietse mond te verneem. Gewoonlik was hy besonder kies wat sy taal betref, en onder normale omstandighede buitengewoon gesteld op sy uiterlik. Maar nou lyk die oubaas net soos die meeste delwers: bruin van die stof, bruin gebrand en ongewas, en hy het nie juis geskroom om te swets nie.
„Maar Oom, as dithelgaan, waarom bly Oom dan op die delwerye?”
„En waar moet ek anders heen? Na die dorp, om daar rond te slenter en heeldag by die pastorie om aalmoes aan te klop? Of na die Dam om daar onder ’n voorman te werk? Ek, wat nog altyd my eie baas was, sal onder ’n ander gaan buk! So nooit as te nimmer nie! Nee, neef, wragtag nooit nie! Ek vergaan soms byna van die honger, maar hier is ek tog my eie baas. My kleim is wel klein, maar hier isekbaas!” herhaal die ou.
„En hoelank is Oom al hier op Kreepoort?”
„Môre ag maande.”
„Al iets gekry?”
„Net eenmaal ’ntwee-carat, waarvoor ek £20 gekry het, en laas week ’ncaratwatgespotwasen net £3gefetchhet,” antwoord oom Piet in die taal wat alle delwers eie is.
„En hoe lewe Oom dan?”
„Ek lewe nie, man! Ek bars; ja, op my oudagbarsek! Vir die laaste drie maande eet ek aldag mieliepap, en dit sonder melk of suiker, en ons koffie is al meer as ses weke gelede gedaan. Ek het al vergeet hoedat vleis en brood smaak. Neef,—en hier laat oom Piet sy stem sak,—neef, as dit nie vir my vrou was nie, dan bring ek myself om die lewe!”
„Maar Oom, is tant Lenie dan ook hier? Ek sou haar baie graag wil besoek en ’n handdruk gee.”
„Nou stap dan saam.”
Ons vleg ons pad deur uitgewerkte kleims en oor hope dooie grond en gruis, tussen pondokkies van sink en streepsakke deur, tot oom Piet eindelik voor ’n krot stilstaan wat nog omtrent die armoedigste is wat ek ooit gesien het.
„Kruip maar in, neef,” sê hy.
Binne voor ’n tafeltjie sit tant Lenie. Ek sou haar nooit herken het nie. Uitgeteer en spierwit, ’n toonbeeld van ly en swaarkry.
„Dag, tant Lenie, en hoe....” maar verderkon ek dit nie bring nie; daar was ’n knop in my keel wat ek nie kon afsluk nie. En toe tant Lenie haar oë op my rig, moes ek al my wilskrag in beoefening bring om nie soos ’n kind my te gedra nie. O! die weemoed en die wêreld van geduldig ly en hartseer wat uit daardie oë spreek!
„Dag, neef. Ek is spyt dat ek jou nie kan welkom heet soos in die goeie dae van Welgevonde nie; maar soos jy sien, het ons dit nie alte breed nie,” met ’n gedwonge glimlag. „Ek word die lewe hier nogal op ’n manier gewoon, maar my ou man kan hom maar nie na hierdie omstandighede skik nie.”
Geen sug van ontevredenheid nie; geen sweem van murmurering nie; geen woord van verwyt aan haar man nie, wat teen haar raad en sin vir Freek Willemse destyds gaan borg teken het. Dis alte waar, die adel van die siel blink des te skoner uit onder teenspoed. En tant Lenie was van kinds af aan die beste gewoon gewees.
Ek het nie alte lank vertoef nie; my gemoed was te vol; ek kon nie vandag met die oumense gesels nie. Al die tyd wat ek daar was, het net die een gedagte my besig gehou: wat kanek doen om die goeie mense uit hulle ellende te help?
„Nou ja, dag tant Lenie. Ek hoop die Here sal uitkoms gee! Dag, oom Piet!”
Tant Lenie stamel ’n dankie uit, maar oom Piet sê: „Wag, neef, ek stap saam tot by jou moter.”
Onder die loop bars hy uit: „Kyk, ons moet mekaar goed verstaan. Jy het ons nou in hierdie toestand aangetref, maar onthou dat nòg tant Lenie nòg ek van enige persoon ter wêreld aalmoes sal ontvang, en van liefdadigheid wil ons nie lewe nie, gehoor! En wat jy daar sê van die Here, neef, en uitkoms, is pure bog. Ek glo nie die Godheid bekommer Hom in die minste oor ons nie!”
„Maar Oom wil tog nie sê dat al die jare van huisgodsdiens en gebed en kerkdiens alles skyn was nie? Oom was dan tot twee jaar gelede nog ouderling van Smartendal se kerk!”
„Dis waar, neef, dis waar, maar toe het ek nie deurgemaak en geweet wat ek nou weet nie. Toe het alles voorspoedig gegaan en het die hele affêre ’n sweem van waarheid en wesenlikheid gedra, om nie eers van fatsoenlikheid tepraat nie. Ons hele godsdiensgedoente pas pragtig vir ryk en fatsoenlike mense, maar in die kerk is daar nie plek vir my en my gelykes nie. Sit daar een werklike arm man in die ouderlings- of diakensbanke? Ek glo nie dat God so ’n danige liefdevolle Wese is nie, dè!” ... En nou raak oom Piet sulke profane dinge kwyt dat ek dit liewer nie sal te boek stel nie.
„Maar, Oom, kyk hoe dit met Job gegaan het! Hoe die Here hom uitgehelp en...”
„Nonsens, neef,” val die ouman my vererg in die rede, „allesbloomingnonsens. Wat het ek vir die Here gemaak dat Hy my nou op my oudag hier op die delwerye moet laat vergaan van ellende en armoede? As Hy dan tog vir my wil vernietig, waarom slaan Hy my dan nie somar op die plek dood nie? Liefdevol? Ek sal wragtie my hond nie so laat ly nie. En dan kom jy ook nog met jou vroom praatjies aangeloop! Ek herhaal, neef, dus alles pure bog en nonsens. As daar ’n Here is, dan gee Hy nie ’ndemvir ons om nie en kan dit hom weinig skeel wat van ons word.”
„Maar Oom, is dit nie ’n bietjie onbillik om die hele godsdienskwessie as nonsens te bestempeleenvoudig omdat die teenspoed en onheile Oom so getref het nie? Oom was mos altyd baie regverdig in Oom se oordeel, en....”
„Regverdig! billik!” val hy my in die rede. „Asof daar so iets bestaan. Kyk vir Freek Willemse, wat my so in die verderf gestort het, hoe goed doen hy vandag. Ek weet nie wanneer hy laas ’nblinkgeloop het nie. Almal weet hy is ’n skelm van die eerste water; dat hy diamante van die kaffers koop, en tog word hy nooitgetrepnie. En dan daardie Sieriër Gias! Hy lieg en bedrieg en verkoop ontwettig drank aan die kaffers en hy ry in ’n duiwelse mooi moter rond. En daar is Jim ... maar wat sal ek hulle nou algar opnoem; daar is nog dosyne van hierdie kalieber. Hoekom straf die regverdige God nie vir hulle nie? Waarom moet Hy nou juis vir my uitsoek?....”
Hier breek die oubaas se woordevloed so effentjies af. „Ja, dat Hy vir my opdreun, kan ek nog verstaan, maar watter kwaad het my vrou ooit vir Hom gedoen datsyso swaar moet kry?” Hier breek oom Piet se stem en swyg hy skielik.
„Dag, oom Piet,” en ek vat my ou vriend sehand. „Ek veroordeel Oom nie; ek kan my ook beswaarlik in Oom se toestand indink. Maar ter wille van tant Lenie sal ek darem, as ek in Oom se plek was, my oordeel oor die Voorsienigheid ’n bietjie matig. Miskien sal Oom nog later ondervind: „Want die Hy liefhet, kasty Hy.”
Eers was dit my plan om somar reguit dorp-toe te ry, maar opeens skiet die gedagte my te binne dat dit nie kwaad kan doen as ek Freek Willemse ’n besoekie gaan bring nie.
Hierdie tiepe van man is glad nie onbekend op die delwerye nie. Gewoonlik tref ’n mens hom aan in rybroek en kamaste, en op sy aangesig is al die laer hartstogte te lees, terwyl sy oë beslis weier om dié van ’n ander te ontmoet.
Freek Willemse staan voor sy biljartkamer toe ek daar stilhou. Hy was nie slegs delwer nie, maar het ook ’n kafè en ’n biljartkamer daarop nagehou.
„Mag ek jou ’n oomblikkie alleen spreek?” vra ek beleefd.
„En wat wil jy van my hê?” was die antwoord op ’n taamlike onbeskofte manier.
„As jy my die kans wil gee om alleen met jou te praat, dan sal ek jou nuuskierigheid gou genoeg bevredig,” sê ek weer. „Kom sit hier op die kar langs my, dan kan ons ongestoord gesels.”
Die vent se hele houding was dié van ’n roofdier. Hy loop nie, hy sluip; hy kyk nie voor hom nie, hy loer rond; hy praat nie, hy blaf of hy knor.
Eindelik kom hy nader en klim op die moter, maar kom nie voor by my sit nie. Hy plak hom agter in die kar neer en so naby die deurtjie as moontlik, terwyl sy een been by die oop deurtjie uithang.
„Toe, roer nou jou bek en wees baie haastig, want my masien loop en ek wil gaan kyk of die kaffers nie verneuk nie!”
„Nou ja, Willemse, ek het vir jou kom besoek om te hoor wat jou plan is met daardie £1500 wat jy vir oom Piet Legransie skuld. Dit lyk aan alles of jy baie geld maak, en die oubaas en sy vrou vergaan van ellende. Jy sal seker graag nou vir hom iets wil doen, aangesien dit aan jou te wyte is dat hy vandag uit sy grond geraak en alles verloor het.”
„En wat die hel gaan dit jou aan? Asditdie oorsaak van jou besoek is, dan hoe gouer jy trap hoe heilsamer dit vir jou bas sal wees!” En hy maak aanstalte om af te klim.
„Wag ’n bietjie, ou vriend,” sê ek sonder om my aan sy taal te steur, „wag ’n bietjie. Moenie alte haastig wees nie, anders kan jy maklikjoubas in gevaar bring!” En hier wend ek ’n bietjie bluf aan. „Of jy sal jou skuld by oom Piet vereffen, òf ek gaan nou aan die speurders vertel wat ek weet!”
Ek wis eintlik niks definitiefs nie, maar kon sien die skoot was raak. Die gewone man sou waarskynlik niks gemerk het nie, maar ek het die krampagtige inkrimp van sy ooglede raakgesien. Sy ogies word nou al nouer.
„En wat weet jy dan so danig?” vra hy terwyl al sy botande wys.
Hy praat nou al in ’n heel ander toon as van te vore.
„Dis my saak, Willemse, maar dis die vraag of oom Piet sal tevrede wees omsymond te hou. Hy weet nog heelwat meer as wat ek gehoor het.”
Die vent se hele houding het nou ’n verbasende metamorfose ondergaan. Hy was nou nie langer die blufferige, onbeskofte meneer van flussies nie; hy was nou die onderdanigheid self.
„Nou ja, hoe sal dit wees as ek vir oom Piet £10 in die maand afbetaal?” vra hy.
„Kyk, dis vir oom Piet om te besluit. Ek gee aan die hand dat jy die oubaas vanmiddag nog gaan besoek om met homself reëlinge te tref. Maar maak gou; môre kan dit miskien te laat wees.” En met hierdie woorde druk ek die selfaansitter van my kar as teken vir Willemse dat die onderhoud afgeloop was.
’n Paar maande later het my werk my weer op Kreepoort gebring. In die loop van die agtermiddag het ek vir oom Piet gaan besoek. Tot my aangename verrassing was hy nie in sy ou krotjie te vinde nie. Na ondersoek blyk dit dat die oubaas nou in Freek Willemse se huisie woon.
Toe ek voor die deur stilhou, staan oom Piet op die stoep.
„Dag, neef,” roep hy, en sy stem klink al amper weer net soos vanselewe.
„Dag, Oom, en hoe het Oom dan nou in hierdie huis te lande gekom?”
„Ou neef, dis ’n lang storie. Klim af, kom binne, drink ’n lekker koppie koffie en dan kan ons gesels.”
Ek het my nie tweekeer laat nooi nie. Ons het skaars gesit of tant Lenie, wat nou ook weer goed ’n tien jaar jonger lyk, bring twee geurige koppies koffie binne. Op haar gesig was duidelik te lees dat daar ’n radikale verandering in die lewe van die twee oumense plaasgevind het.
Na ’n rukkie begin oom Piet:
„Na jou vertrek twee maande gelede het ek werklik nie die moed gehad om volgens gewoonte na my pondokkie terug te gaan nie. Mismoedig en troosteloos het ek op diewaswat ek opgemaak het, gaan sit en die dag van my geboorte verwens. Ek kan nie onthou dat ek al ooit van te vore so sleg gevoel het of so ontevrede met my lot was nie. Meteens hoor ek voetstappe kort agter my. Ek draai my omen kyk in die skelm oë van die man wat ek die allerminste sou verlang het om te sien. Neef, ek moet erken dat al die onderdrukte hartstogte van die laaste ag maande my in ’n oogwenk oormeester het, en as daar ’n wapen op die oomblik binne my bereik was, sou ek ’n moord begaan het. Ja, as Freek my ook in die minste beledigend aangespreek het, soos hy in die laaste tyd nooit nagelaat het om te doen nie, dan sou ek hom daar en dan op die plek verwurg het. Begryp dus my verbasing toe hy ewe saggies—ten minste so vals vleiend as hy kon—vir my goeiendag sê en na my welstand en dié van tant Lenie verneem. Ek was so uit die veld geslaan dat ek niks kon antwoord nie.
„Is dit nou weer een van Freek se skelmstreke? dog ek by myself, en opnuut sien ek net rooi.
„‚Kyk hier, Freek, as jy weer gekom het om met my te spot en jou in my ellende te verheug, dan hoe gouer jy jou pestelike teenwoordigheid hier verwyder hoe beter, anders begaan ek so waaragtig as wat ek lewe vandag ’n moord!’
„Maar Freek bly maar staan, en hoewel hy so effentjies bleker word, gaan hy voort: ‚Nee,Omie, ek kom nie spot nie; ek kom besigheid praat.’
„‚Besigheid!’ skree ek; ja neef, ek het nou nie meer gepraat nie. ‚Besigheid! Jou godvergete niksnuts! Praat jy van besigheid met my wat jy tot die bedelaarstaf gebring het! ... Vrou!’ brul ek, en my stem het vir my eie ore vreemd geklink, ‚Vrou, bring hier die roer; hier is ’n duiwel en ek wil hom hel-toe stuur, waar hy tuis hoort!’
„Neef, ek wens jy kon Freek se gesig toe gesien het. Al die sluheid het soos ’n toorslag daarvan verdwyn en plek gemaak vir bange vrees. Die vent was op daardie oomblik nog afskuweliker as die lelikste onder die beeste. Wat praat ek van beeste? Dis ’n belediging vir die diere om die laagste onder hulle met so ’n skepsel te vergelyk.
„Op hierdie moment verskyn my vrou op die toneel, anders huiwer ek om te dink wat sou gebeur het. Jy weet sy het altyd ’n kalmerende invloed op my, neef. Sy is ’n engel, neef, en sy hoort nie op die aarde tuis nie. Ek wonder wat sy ooit in my kon gesien het om met my te trou? Haar gelyke loop daar nie op hierdiewêreld rond nie. Maar, neef, ek dwaal af van my storie. So gaan dit altyd as ek van tant Lenie begin te praat. Jy weet, neef...”
„Ja, Oom, ek weet daar is maar net een tant Lenie op hierdie ou aardbol. En wat maak Oom toe?”
„Toe maak ek niks, neef. Wat kon ek maak met daardie verwytende blik van tant Lenie op my gerig? Soos ek reeds hierbo opgemerk het, neef, is sy mos nie ’n gewone mens nie en....”
„Ja, Oom, sy is ’n engel. Maar wat het Freek toe gemaak?”
„Freek het ook niks gemaak nie, neef; hy het net sy droë lippe natgelek en toe stamel hy voordat ek nog weer die woord kan kry: ‚Maar oom Piet, ek kom met Oom reëlinge tref oor die afbetaling van die £1,500 wat ek aan Oom skuld!’
„Ek kon maar nog nie glo dat Freek dit opreg meen nie en wou net vorentoe spring om hom aan sy strot te gryp, toe ek weer daardie selfde verwytende blik van tant Lenie gewaar. Neef, het jy al ooit ’n vrou met sulke oë gesien? Die diepte van die hemel en die teerheid van...”
„Ja, Oom, dis waar. Tant Lenie het wonderlikeoë, maar Oom het laas opgehou by Freek se strot en die kontras tussen tant Lenie se hemelse oë en....”
„Ja, neef, dis ook waar; ek dwaal alte maklik af as ek van tant Lenie praat.”
„‚Gee vir Freek ’n kans om te sê wat hy te vertel het, en bedwing jouself, Piet,’ sê tant Lenie op daardie sagte dog gebiedende toon wat haar alleen eie is. Jy weet, neef, ek glo nie daar is nog ’n vrou met so ’n stem soos tant Lenie nie. As sy praat dan....”
„Dan moet Oom stilbly. Maar het Freek toe besigheid gepraat?”
„Hy het, neef. Hy transporteer sy huisie, sy biljartkamer en sy kafè op my naam, en boonop betaal hy my £500 kontant as ek wil afsien van die £1,500 wat ek indertyd vir hom moes inbetaal en my mond wil hou. Wat hy met die laaste sin bedoel, weet ek nie, want ek het buitendien nooit oor hierdie ou transaksie gepraat nie. Maar ek het darem belowe.
„Ek wou eers nie sy geld en goed vat nie, en was dit nie dat ek voor my oë gesien het hoedat tant Lenie by die dag agteruit gaan nie, dan het ek hom eerder by die gruisgat afgeskop. Maardie gesondheid en die welstand van tant Lenie het die deurslag gegee en ek het sy aanbod aanvaar.
„Maar, neef, weetjymiskien wat Freek beweeg het om dit te doen? Dis opmerklik dat dit juis gebeur het op die dag van jou besoek.” En hier kyk oom Pieter my so stip in die oë dat my gesig amper die geheim verklap het.
„En wanneer is Freek dan toe weg van Kreepoort af?”
„Ek sal vertel, neef. Ja, die arme Freek het dit die laaste week voor sy vertrek maar smoor gehad hier op die delwery. Het jy al gehoor hoedat Jan Pieterse, sy voorman, hom deur-geloop het? Ek het nie, sê jy. Maar man, dan was jy amper een van die beste grappe kwyt wat hier ooit plaasgevind het... Het jy al ooit opgelet hoe daar in party diere meer karakter sit as in ander van dieselfde soort? Ek herinner my nog goed dat my pa twee osse gehad het: die een was ’n skoorsoeker van die eerste water en baie parmantig, maar by die werk het hy maar min beteken en het hy geen hart gehad nie, terwyl die ander weer goed vangeaardheid was en ’n baastrekker. Jentelman was ’n vooros en, soos ek reeds aangemerk het, ’n staatmaker. Net agter hom het Koerland getrek, wat dit nooit kon nalaat om Jentelman net wanneer hy die kans kry ’n gevoelige stoot met sy skerp horings te gee nie. In die veld het Jentelman gewoonlik padgegee, maar in die juk was dit natuurlik buite die kwessie, en ek het al die idee begin te kry dat die vooros maar ’n bangbroek was. Op ’n goeie dag het ons gebraak en die osse het noustrop getrek. Elke keer by die draai moes die arme Jentelman dit ontgeld en die skerp horings van Koerland voel. Om twaalfuur word afgehak om die osse ’n paar uur rus te gee. By so ’n geleentheid gee Jentelman gewoonlik ver pad vir Koerland en gaan hy rustig op sy wei, maar vandag kon ’n mens somar aan sy hele houding sien dat sy geduld uitgeput was. Om ’n lang storie kort te maak: Koerland het die eerste die beste kans gevat om Jentelman ’n gevoelige stoot in die ribbekas te gee. En toe was die gort gaar. Jentelman spring om, en daar is die twee diere aanmekaar. Koerland kon vir ’n maand lank nie ploeg trek nie.
„Nou, neef, so wou ek maar sê is dit by die mens net soos by die dier; en jy wat so baie met mense te doen het, sal dit wel self al opgemerk het. Ek wou maar net duidelik gemaak het dat Jan Pieterse my altyd aan Jentelman, en Freek Willemse my aan Koerland laat dink het.
„Baiekeer as ek verby Willemse se kleim stap, het ek moes aansien en aanhoor hoe Freek die arme Jan Pieterse boelie. Ek het dié Jan bewonder vir sy geduld en verdraagsaamheid, maar in my hart het ek hom tog as lafaard bestempel.
„Een agtermiddag moes ek daar weer verby en hoor hoe Freek die arme Jan slegsê en uitvloek. Dit was net die dag na hy sy huisie en die ander twee geboue op my getransporteer het. Jy weet mos hoe praat Freek, nè, as die duiwel in hom gevaar het. Hy begin daaronder in die diepte, en sy stem klim altoos hoër en hoër totdat dit eindelik in ’n langgerekte gehuil—soos dié van ’n nadroejakkals—wegsterf. Nie tevrede om Jan uit te maak vir alles wat laag en gemeen is nie, en dit nogal in die teenwoordigheid van die kaffers, spring hy naderhand af in die kleim waar Jan en die volk werk, en gee syvoorman ’n raps met sy handsambok dwars oor sy kop. Neef, glo my as ek jou sê, dit was weer ’n Jentelman en ’n Koerland wat ek daaronder in die kleim sien, maar net baie komiekliker. In ’n kits het Jan Pieterse die handsambok uit Freek se hand geruk en looi hy Freek net so lustig as hy kon. Dit het Willemse nie verwag nie, en soos ’n kat probeer hy by die kleim uitklouter sonder om hom in die minste te versit. Jy weet die gruis hierlangs sit baie diep, nè. Elke keer nes Freek amper bo is, gryp Jan hom aan die voet met die linkerhand, en terwyl hy hom aftrek na onder, steek hy hom los met die regterhand. Die kaffers skree dit uit van louter vreugde, en die toeskouers, wat nou al aansienlik in getal aangegroei het, hou hulle sye vas soos hulle lag. Dit was rêrig te komiek!
„Freek het die dag na die pak spoorloos verdwyn, en niemand weet wat van hom geword het nie. En dit was ook maar die beste wat hy kon gedoen het, want sy dae op Kreepoort was getel. Buitendien glo ek dat die poliesie ook vir hom soek, want hulle vertel dat hy ’n hele reeks misdade op sy kerfstok het. Maar neef, verveel ek jou nie?”
„Nee, glad nie, Oom. Inteendeel, daar is nog iets wat ek darem graag van Oom wil geweet het. Ek kon nie help om op te merk dat Oom se taal nou heelwat.....”
„Sê maar gerus fatsoenliker,” val die oubaas my in die rede.
„Ja, Oom, fatsoenliker en beskaafder is as twee maande gelede. Het Oom dan al so gou weer Oom se oordeel oor die Voorsienigheid gewysig, en moet ek dit toeskrywe aan die meer gegoede omstandighede waarin Oom nou verkeer?”
„Neef, ek het gehoop dat jy my hierdie verklaring sou spaar, want ek praat liewers nie oor hierdie saak nie. Kyk, laat ek dan somar van die staanspoor af sê dat ek my skaam dat ek my daardie dag so vergeet het in jou teenwoordigheid. Maar neef, ek was in elk geval eerlik en het toe gepraat soos ek in daardie dae gevoel het. Man, toe die teenspoed my tref en ek in daardie ellende verkeer, het ek vir die eerste keer besef hoe ’n skynheilige lewe ek van te vore gelei het. Al my vroomheid was niks anders as selfbedrog gewees nie; en ek bloos omdit te getuig, maar my ouderlingskap en huisgodsdiens en gebede was alles skyn. Toe daardie mantel van geveinsdheid in die diepte van my ellende van my afval, staan Piet Legransie in al sy naaktheid daar, en toe sou ek eers besef hoe werklik bedorwe ek was. Dit was net in daardie tyd wat jy my op die delwerye raak-geloop het, en jy sal miskien nou beter my taal van toe kan verklaar. Maar ek dwaal af. Kyk, ek wil nie ons kerk blameer nie, maar dit lyk tog vir my of dit alte gemaklik is om lid te word of as ouderling en diaken te dien. Ek glo ons Dominee noem die lede van my soort:mooiweer-kristene, en hy is reg ook. Maar ek wonder tog of hy sou weet hoeveel van my soort daar nog in sy kerk is?...
„Daardie aand na Freek Willemse weg is en ek as deur ’n wonder uit my haglike toestand gered was, het tant Lenie met my gepraat soos sy nog nooit van te vore gedoen het nie. Ek mag nie vertel wat daar alles plaasgevind het nie, maar ek het my opnuut leer ken soos ekisen nie soos ek graag in die oog van die wêreld willyknie. En jy weet, neef, dit beteken vir ’n mens al ontsaglik baie. Ek sien jy wordhaastig. Met jou verlof sal ons hierdie saak nooit weer aanroer nie.”
By myself dink ek hoe goed dit sou wees as meer mense, waaronder die skrywer, hierdie ware selfkennis besit.
„En gaan Oom nou vir altyd op die delwerye bly?”
„O nee, neef! Sodra ek ’n koper kan kry vir hierdie ongewenste beslommering wat ek die trotse eienaar van is—met bytende sarkasme uitgespreek—dan skud ek vir ewig die stof van die delwerye van my voete af. Welgevonde is weer in die mark; ek hoor die Bank wat dit destyds vir skuld moes inneem, wil graag die plaas van die hand sit. Wie weet, moontlik heet ek jou nog aankomende jaar welkom in die ou huis.”